Beleid Ten opsigte van:

Die skool het verkiesings vir die volgende: Leiers, Hoofleiers, Hoofseun en Hoofdogter, Padpatrollie Leiers, en Padpatrollie Lede. 

The school has the volowing elections: Leaders, Headleaders, Headboy en Headgirl, Road Patrol Leaders, and Road Patrol Members

1. Leier Verkiesing

Die personeel doen die siftings proses van leerders wat op die stembrief verskyn. 

Die Gr 4, 5 en 6 leerders van die skool kry elk ‘n geleentheid een keer per jaar om leiers te kies vir die volgende jaar. ‘n Stemmery word gehou in klasverband. Die vind plaas op ‘n stembrief. Die Hoof en personeel bespreek daarna die kandidaat wat gekies is, na die leerders se stemme getel is. 

Die Hoof en personeel stem ook vir leiers van die skool, indien nodig. Die Hoof en personeel het die reg om ‘n moontlike kandidaat te verwyder indien daar geldige redes daarvoor is, asook om ‘n kandidaat by te voeg as leier.

2. Hoofleiers

Dit kan wissel van 6 tot 8 hoofleiers wat aangewys word vir die jaar. 

Name word getrek en twee hoofleiers word as hoofseun en hoofdogter aangewys vir ‘n kwartaal.

Aan die einde van die jaar word uit die lys, ‘n hoofseun en hoofdogter van die skool aangewys deyr ‘n stemmery deur die Gr 5 – 7 leerders.

Verkiesings van hoofleiers is as volg: Die kandidaat met die meeste stemmme deur die leerders word in aanmerking geneem. Die Hoof en personeel het wel ‘n stem om dit te wysig indien hulle vind dat die kandidaat nie geskik is vir hoofleier nie.

Verskeie redes kan die gevolg wees van die wysigings van die Hoof en personeel.

3. Hoofseun/Hoofdogter

Die stembrief is met die name van die hoofleiers gedruk. Die leerders van Gr 5, 6 en 7 kry die geleentheid om vir die Hoofseun en Hoofdogter van die jaar te stem. Die Hoof en personeel van die skool stem ook vir die Hoofseun en Hoofdogter.

Gewigswaarde van die leerders se stemme is 50% en die personeel se stemme is ook 50%.

4. Padpatrollie leiers

Die verkiesing van padpatrollie leiers en padpatrollie lede word slegs deur die personeel gedoen. Die kandidate wat nie as leiers gekies deur die leerders en onderwysers nie word as padpatrollie leier gekies en geen stemmery van leerders vind dus plaas nie.

5. Padpatrollie lede

Die personeel doen die siftings proses vir moontlike kandidate wat as padpatrollielede kan dien. Die personeel doen dus die verkiesing van die lede.

6. Ten slotte

Die aanwysings van die ekose leiers, padpatrollie leiers en padpatrollie lede word tydens ‘n saalopening aangekondig n week voor die prysuitdeling. Die hoofleiers van die volgende jaar word egter die aand van die prysuitdeling aangewys. Die Hoofseun en Dogter van die jaar word ook tydens die prysuitdeling aangewys.