Sport
Sundra Laerskool neem ons sport baie ernistig op. Ons glo dat sport nodig is om vir n kind ‘n gebalanseerde skoolloopbaan te gee.
At Sundra Laerskool we take sports very seriously. We believe that sports are necessary to give children a balanced education. Sports are an important part of school.
Alle trofee wenners ontvand goue balkies
Landloop / Cross-Country
Afrigter en Organiseerder - Nelia Grobler
Ons Landloop neem deel aan die Atletiek Suid Afrika (ASA) ligas. Die ligas vind elke jaar plaas vanaf Maart tot September. Afstande wissel vir die verskillende ouderdomme. Die Afstande is as volg:
o/8 – 1km , o/9 + o/10 – 2km , o/11 + o/12 + o/13 –3km , o/13 Seuns –4km.
Ons oefen elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag van 13:15 – 14:15. Kom oefen saam! Dit is heerlik!
Afstande
Atletiek / Athletics
Organiseerder - Marelize Reiners
Die atletiek vind plaas in die 1ste kwartaal. Beide veld- en baan items word aangebied. Oefening begin in die 4de kwartaal.
All die personeeel by Laerskool Sundra is op een of ander manier betrokke by die atletiek. Of dit nou organisasie, afrigting of kinders oppas is, almal is betrokke by die atletiek.
Netbal / Netball
Organiseerder - Crystal Greeff
Ons Netbal neem aan die D5 liga deel. Die ligas vind plaas gedurend die 2de kwartaal.
Daar word elke Maandag, Dinsdag en Donderdag van 13:15 – 14:15 geoefen. Kom neem deel! Dit is heerlik!
Ons Netbalbane is mooi geteer en vars geverf.




Rugby
Organiseerder - Jacques de Beer
Hier neem die Rugby aan die C1 liga deel. Die ligas vind plaas gedurend die 2de kwartaal. Ons het 3 spanne; o/9 , o/11 , Eerste Span. Die o/9 span is vir die onder 8’s en 9’s. Vir die o/11 span is die onder 10’s en 11’s saam. Ons eerste span is vir die onder 12’s en 13’s.
Daar word elke Maandag, Dinsdag en Donderdag van 13:15 – 14:15 geoefen. Kom neem deel! Dit is heerlik!
Ons Rugbyveld in al sy glorie.



Hokkie / Hockey
Organiseerder - Helena Storm
Die Hokkie neem aan die C1 liga deel. Die ligas vind plaas gedurend die 3de kwartaal.
Ons oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag van 13:15 – 14:15. Kom neem deel! Dit is heerlik!
Krieket / Crieket
Organiseerder - Jacques de Beer
Ons Krieket neem aan die C1 liga deel. Die ligas vind plaas gedurend die 3de kwartaal. Ons het 2 spanne; o/11 , Eerste Span. Die o/11 span is vir die onder 10’s en 11’s. Vir ons eerste span is die onder 12’s en 13’s saam.
Ons oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag van 13:15 – 14:15. Kom neem deel! Dit is heerlik!
Sokker / Soccer
Organiseerder - Jacques de Beer
Ons Soccer neem aan die C1 liga deel. Die ligas vind plaas gedurend die 4de kwartaal. Daar is net een span maar ons hoop dat ons in alle ouderdomsgroepe deelname kan kry.
Ons oefen elke Maandag – Donderdag van 13:15 – 14:15. Kom neem deel! Dit is heerlik!
Skaak / Chess
Organiseerder - Carien Vermaak
Alle leerders wat belangstel in skaak kan gerus in die middae na skool kom oefen. Daar is ongelukkig nie op die oomblik enige kompetisies nie, maar ons oefen well.
All student that are interested in chess are more than welcome to come and practice after school. Unfortunately there will be no competitions, but we do practice.

Kriteria van Toekennings Gr 4 - 7
Atletiek
Blou Balkie: Delmas Kringspan
Silver Balkie: Substreekspan Mpumalanga
Goue Balkie: Streekspan Mpumalanga
Ere-Kleure: 3 goue balkies
Dubbel Ere-Kleure: 6 goue balkies
Trippel Ere-Kleure: 9 goue balkies
Landloop
Blou Balkie: Alle klubligas
Silver Balkie: Alle klubs en skole liga en provinsiale kampioenskappe
Goue Balkie: Provinsiale kleure
Ere-Kleure: 3 goue balkies
Dubbel Ere-Kleure: 6 goue balkies
Trippel Ere-Kleure: 9 goue balkies
